Liggaamsbou

Arnold Schwarzenegger, een van die mees noemenswaardige figure in liggaamsbou, 1974.

Liggaamsbou is 'n sport- of oefenmetode waarin mens probeer om die spiere te ontwikkel deur 'n vorm van kragoefening (hipertrofie) om die liggaam aantreklik te maak. Gewoonlik word dit in gimnasiums of deur tuisoefening beoefen met oefengewigte en toerusting.[1]

Dit word hoofsaaklik onderneem vir estetiese doeleindes bo funksionele doeleindes, wat dit onderskei van soortgelyke aktiwiteite soos fiksheid, gewigoptel, en kragoptel, wat uitsluitlik daarop fokus om die fisiese las wat 'n mens kan uitoefen, te verhoog.

  1. Emery M. "Men's Bodybuilding: A Short History". Bodybuildingreviews.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2020. Besoek op 25 Februarie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search